Cosmos of Life's Creation

Afrikaanse Stories en Dinge.

Adivino
JDM/Bubble.JPG

Afrika/Pinkprotea.jpg
Pink Protea onse bekendste blom

This is the Aura of Cosmic Life, and the Halo of the living.

This Page is dedicated to Life, the Creator of Cosmos.

The Double Helix creations and wonders all alive.

OupaKlaasie/Alwyn.jpg

My  Voorwoord in Afrikaans.

Die rede vir my skrywe hier. Miskien ‘n laaste wens.

Of miskien ‘n heimwee oor dit wat was

Soos toe ek 'n kind was ............ En sewe jaar oud.

O neem my voor die veerman kom, Om my weg te neem.

Oor die groot revier met die baie mis

Waar die oorkant nooit bespuerbaar is

o neem my terug na die wonder tuin

Dat ek hoog uit die bloekom se lower kruin

Kan tuur oor die land van gloed en goud.

Soos toe ek 'n kind was ............En sewe jaar oud.

Ek wil graag nalaat dit wat baat kan bring aan diegene wat volg of net wil weet. Ek het deur al die jare die lewens waardes wat my sterk oupa my geleer het probeer handhaaf.  Deursettings vermoe was een van hulle. Die bittereinder was altyd as “hardkoppig” gebrandmerk.

Insig. Om iets in jou verbeelding te vorm voor jy hom maak. Dit het hy verduidelik terwyl hy vir my ‘n Kettiemik uit kerf. “ Jy moet hom in jou hand sien, met merke waar jou vingers pas, soos ‘n deel van jou”. ‘n Vrugbare verbeelding was as ´n “luenaar” gebrandmerk.

Daar was ook ‘n ander skrywe, wat my bybly van my skool jare “Briewe aan my seun Jannie”. –  Bv. in die wandel pad na die ewigheid is jy bestemming ouderdom en die dood. “Die lekker in ons reis na die ewigheid, is in die vooruit sien, die beplanning en drome, dit is ook in die oomblike wat mens vertoef, (mooi herhinderinge), om die beelde van die natuurskoon op die weg in teneem. Die Daarkom – is gewoonlik ‘n teleursteling. Dit is ‘n fout om met toe oé, te jaag na die einde”."die lekker is in die rys - nie in die daarkom nie".

Oupa Klaasie het my groot gemaak, en voorbery om sekere omstandighede te hanteer.
Self beheer was die moeilikste, om Uitbarstings onder beheer te kry.
Om jou doelwit duidelik te sien, en volbring met deursettings vermoe en toewyding aan die taak.
“Nie net droom nie – laat die hulle gebuer.”

Afrika/Sonsondergans.jpg

Uit die TUIN van my Heimwee.

Is daar iewers 'n boord of tuin ....

Met die dou-silver oggend se koms.

Waar die voels so blink ...

In die bloekom se kruin

Waar langbaard kabouters nog stilletjies saans.

Met die krieke orkes in die skadus dans.

Is die blare so groen en die vrugte so soet

En die kuile so blink in die middag se gloed.

 

Is die berge so blou ...

En die vuurblom so ... mooi

En die bloeisels so dik oor die aarde gestrooi.

En elke bruin klip ... so belaai met goud

Soos toe ek 'n kind was ....

En sewe jaar oud.

Afrika/Krimertardboom.jpg

Ek is van Afrika

Ek is van Afrika
Nie omdat ek daar gebore is
Maar omdat my hart met Afrika klop
Ek is van Afrika
Nie omdat my gelaat donker is
Maar omdat Afrika my gedagtes omgrens
Ek is van Afrika
Nie omdat ek van haar leef
Maar omdat my siel tuis is – in Afrika

Wanneer Afrika oor haar kinders ween
Is my wange deur traandruppels deurweek
Wanneer Afrika haar voorvaders eer
Buig my hoof in respek daarheen
Wanneer Afrika oor haar slagoffers rou
Is my hande in gebed gevou
Wanneer Afrika haar oorwinnings vier
Dans ek op die maat van die oorwinningslied

Afrika/Blomesovermenssien.jpg

Met haar asemrowende ylblou lugruimtes
Laat sy die toekoms skitterend skyn
Ek is van Afrika
Waar ek gegroet word asof familie
En ek ervaar die gevoel van meervoudig
Ek is van Afrika
Want haar wildheid bring vertroosting vir my siel
En bring my nader na die bron van Lewe

Wanneer Afrika-musiek in die wind weerklink 
Volg my polsslag die ritmiese klop 
En word ek een met die klank
Wanneer die Afrika-kleure in die son glinster
Verdrink my sintuie in haar reënboog
En is ek die natuur se pallet
Wanneer die Afrika-verhale om die vure op-klink
Volg my voete hul tydlose ‘wink
En is ek die spore van die verle’

Ek is van Afrika
Want sy’s die krip van geboorte
En troetel die oer-oue wysheid
Ek is van Afrika
Want sy leef in die skadu van die wêreld
En brand met ‘n gloeiende inspirasie
Ek is van Afrika
Want sy is die land van môre
En ek eer haar tydlose geskenke

©Nikita — 2nd September 2008

Africa2/africanculture37aq2.jpg
Africa2/africanculture05iv4.jpg
African Culture

Africa2/women-african-savannah.jpg
Afrika se kluere

Go to the top of this page

Enter content here

Afrika/Strokieboekstrand.jpg
Blomme ooral rond tot waar die oog kan ruik.

Ek weet van ‘n plek in Afrika

Ek weet van ‘n plek in Afrika
Waar ek die son op my rug voel skyn
En die sand tussen my tone speel
Waar ek die seemeeu op die windjie hoor
En golwe op eindlose strande breek

Ek weet van ‘n plek in Afrika
Waar die berge die blou lug ontmoet
En valleie die groen wingerde huisves
Waar bome hul pers kleed sprei
En die bosveld sy room kleed dra

Ek weet van ‘n plek in Afrika
Waar die dondergode hul stemme laat hoor
En sien ek hul weerligspiese neerdaal
Waar ek die reuk van reenwolke intrek
En die soet van die stowwerige doudruppels proe

Afrika/Meerblomme.jpg

Dis ‘n wildernis, die plek
Van Evolusie en dinosorusse
Waar lewe begin het, hier was die eerste mens
Van lewende fossiele en olifante
Waar leeus brul en springboktroppe spring

Dis die plek van swaarkry
Van woestyne en doringbome
Waar paaie doodloop en jagters jag
Van horisonne en grense
Waar reise begin en sonsondergange bloei

Dis die plek van vryheid
Van ontdekkings en pioniers
Waar donkerte geskuil – en die lig deurgebreek het
Van ware legendes en wonderwerke
Waar dagbreek begin en hoop helder brand

Afrika/Pretoriasoosekhomonthou.jpg
Jakarandas so ver mens kyk

My hart is tuis in Afrika
Waar die tromme se ritme in my klop
En tydlose liedere in my ore sing
Waar die reenboogmis in my oë skyn
En vriende se glimlagte my welkom heet

My gedagtes ontspan in Afrika
Waar die mense na aan die aarde leef
En seisoene die veranderde gemoed aandui
Waar besige markte handel dryf
En die Skepping sy stadige gang steeds gaan

My siel is gelukkig in Afrika
Haar strome bring lewe in my are
Haar winde bring genesing vir my drome
Wanneer haar verhaal vertel is
Verenig dit in ons noodlot.

© Nikita…2008

Afrika/Springbokke.jpg

Die Affodil-dans

Alleen wandel ek
soos ‘n los-wolkie
wat sweef oor hoë berge,
heuwels, valleie en dale
Skielik sien ek ‘n plaat Affodille
‘n blink-geel, songeel,
goudgeel versameling
wat skitter en skyn
langs die meer onder die bome
swewend en dansend
buigend en juigend
na die Somerreëns

Langsamerhand – soos die sterreskyn
Glinsterend – soos in die Melkweg-lyn
Al langs die kant van die baai
Vang my blik die verruklike dans
die aanskoulike geswaai
van koppies wat draai
onder die hange van ‘n krans

Afrika/Daffodil.jpg
Daffodils

Ver-weg op my rusbank
lê ek uitgestrek
Langsamerhand weerkaats
die dansende skynsel
in my binne-oog
Die opgewondenheid van alleen-wees
vervul my hart met plesier
en ek dans die dans!
van die blinkgeel, songeel,
goudgeel, bly-geel Affodille!
©Nikita 26th August 2008

Africa2/african-art-poster.jpg
Afrika/daffodil2.jpg
All kinds of Daffidils

Enter content here

Enter content here

Cosmos of Life's Creation
Click for the Cosmos of Life's Creation
Home Page

Double Helix Model
Click for  Life and Double Helix creations
About Double Helix Creations

Imagination
Atributes of intelligent Life
Atributes of intelligent Life

My view of space 25jrs ago
Click to see my first and only Aguarella
my first and only Aguarella

Life is the only Creator of Beauty
Life is the only Creator

Enter supporting content here