My Voorwoord in Afrikaans.
Die
rede vir my skrywe hier. Miskien ‘n laaste wens.
Of miskien ‘n heimwee oor dit
wat was
Soos toe ek 'n kind was ............ En sewe jaar oud.
O neem
my voor die veerman kom, Om my weg te
neem.
Oor die groot revier met die baie mis
Waar die oorkant
nooit bespuerbaar is
o neem my terug na die wonder tuin
Dat
ek hoog uit die bloekom se lower kruin
Kan tuur oor die land van gloed en goud.
Soos toe ek 'n kind was ............En sewe jaar oud.
Ek wil graag nalaat dit wat baat kan bring aan diegene wat volg of
net wil weet. Ek het deur al die jare die lewens waardes wat my sterk oupa my geleer het probeer handhaaf. Deursettings
vermoe was een van hulle. Die bittereinder was altyd as “hardkoppig” gebrandmerk.
Insig. Om iets in jou verbeelding te vorm voor jy hom maak. Dit het hy verduidelik terwyl hy vir my ‘n Kettiemik
uit kerf. “ Jy moet hom in jou hand sien, met merke waar jou vingers pas, soos ‘n deel van jou”. ‘n
Vrugbare verbeelding was as ´n “luenaar” gebrandmerk.
Daar was ook ‘n ander
skrywe, wat my bybly van my skool jare “Briewe aan my seun Jannie”. – Bv. in die wandel pad na die ewigheid is jy bestemming
ouderdom en die dood. “Die lekker in ons reis na die ewigheid, is in die vooruit sien, die beplanning en drome, dit is ook in die oomblike
wat mens vertoef, (mooi herhinderinge), om die beelde van die natuurskoon op die weg in teneem. Die Daarkom – is gewoonlik
‘n teleursteling. Dit is ‘n fout om met toe oé, te jaag na die einde”."die lekker is in die rys - nie in die daarkom
nie".
Oupa Klaasie het my groot gemaak, en voorbery om sekere omstandighede te hanteer.
Self beheer was die moeilikste, om Uitbarstings
onder beheer te kry.
Om jou doelwit duidelik te sien, en volbring met deursettings vermoe en toewyding aan die taak.
“Nie net droom nie – laat die hulle gebuer.”