Terugkeer.
Die jong matroos kom met
die mis
Saam in die skemer stege op
Hy treusel by 'n straatlamp,
voor hy aan 'n stam ou voordeur klop.
Eers na die derde kneukel slag
Skanier 'n venster langsaan oop
'n Stram ou kop met grys
gesig
Is in 'n tjalie toegeknoop.
Juffrou
Coetzee woon lank nie meer
in hierdie kamers nie meneer
Wat het jou laat besluit
om so ontydig laat terug te keer
Sy het elke aand op hierdie stoep
Die mis sien opstoot uit die see
Af en toe 'n seun dof weg
sien slinger na 'n nag kafee
En miskien net gehoop
Sy't elke aand geluister hoe
die skepe bulk daar in die baai
En met die eerste skrefie
lig
haar
lamp geblus en omgedraai.
Maar een aand het
'n offesier
Hoe lank gelede was dit nou ...
Hier aan die deur kom klop
Het 'n ruiker in sy hand gehou
En een aand het 'n taxi haar kom haal
Maar sy het lank gewag meneer
Totdat die mis verby was
voor
Die
wit geboorte van die dag
Juffrou Coetzee woon lank nie meer
in hierdie kamers nie meneer
Wat het jou laat besluit
om so ontydig laat terug
te keer.
Die jong matroos stap met
die mis
Al met die skemer stege op
Hy treusel by 'n lamppaal voor
hy aan 'n kroeg se voordeur klop
Vir hom is liefde soos stasies in die nag
Of ruigtes van asiel ...
Die rys is kort 'n bedevaart
van donker nag tot nag
Waarin hy sink om weer verwek te word
Hy weet om te vertoef is om te sterf
En afskyd bly altyd ... 'n nuwe begin
Hy weet om te gedy is om
te sterf
En elke vrou 'n wyle te bemin