
|
| Boa boa boom met baie uitgekerfte beelde. |
MY TUIN VAN VERLANGE.
Is daar iewers 'n boord of tuin ....
Met die dou-silver
oggend se koms.
Waar die voels so blink ...
In die bloekom se kruin
Waar langbaard kabouters
nog stilletjies saans.
Met
die krieke orkes in die skadus dans.
Is die blare so groen en die vrugte so soet
En die kuile so blink in die middag se gloed.
Is die berge so blou ...
En die vuurblom so ... mooi
En die bloeisels so dik oor
die aarde gestrooi.
En elke bruin klip ... so belaai met goud
Soos toe ek 'n kind was ....
En sewe jaar oud.

|
| Vrugte so soet soos toe ek klein was en 7 jaar oud |
En saans.
As
die gondel maan rooi oor die donker prieel.
Vir my knipoog ... deur die blare speel
Is daar nog 'n plek waar
die geeste saans.
In die kerkhof-sipprese se skaduwees dans.
Op 'n neurie deun wat mens
ver kan hoor
soos die rou lied van 'n elwe-koor
Is daar nog diep in die berg
se heup ....
Die ou kasteel ...
Waar die draak met die vuuroog woon.
En
trek die gepanserde ridder nog op
Met die bloedrooi pluim .. op sy perd se kop
Is
daar nog die plek .. waar ek middae kan soek ...

Na 'n skatkis in die tuin se
hoek.
Is daar nog die kuil tussen ruigte en riet
Waar die blare galei oor die water skiet
En
die ou truer wilger se lang hare ... met die water speel.
Die Beeld op die water blad ...
Soos die spiel in die raaisel.
O
neem my voor die veerman kom
Om my weg te neem na die heiligdom
Oor die groot revier met
die baie mis
Waar die oorkant nooit bespuerbaar is
o neem my terug na die wonder
tuin
Dat ek hoog uit die bloekom se lower kruin
Kan tuur oor die land van gloed en goud.
Soos toe ek 'n kind was ...
En
sewe jaar oud.

Terugkeer.
Die jong matroos kom met
die mis
Saam in die skemer stege op
Hy treusel by 'n straatlamp,
voor hy aan 'n stam ou voordeur klop.
Eers na die derde kneukel slag
Skanier 'n venster langsaan oop
'n Stram ou kop met grys
gesig
Is in 'n tjalie toegeknoop.
Juffrou
Coetzee woon lank nie meer
in hierdie kamers nie meneer
Wat het jou laat besluit
om so ontydig laat terug te keer
Sy het elke aand op hierdie stoep
Die mis sien opstoot uit die see
Af en toe 'n seun dof weg
sien slinger na 'n nag kafee
En miskien net gehoop
Sy't elke aand geluister hoe
die skepe bulk daar in die baai
En met die eerste skrefie
lig
haar
lamp geblus en omgedraai.
Maar een aand het
'n offesier
Hoe lank gelede was dit nou ...
Hier aan die deur kom klop
Het 'n ruiker in sy hand gehou
En een aand het 'n taxi haar kom haal
Maar sy het lank gewag meneer
Totdat die mis verby was
voor
Die
wit geboorte van die dag
Juffrou Coetzee woon lank nie meer
in hierdie kamers nie meneer
Wat het jou laat besluit
om so ontydig laat terug
te keer.
Die jong matroos stap met
die mis
Al met die skemer stege op
Hy treusel by 'n lamppaal voor
hy aan 'n kroeg se voordeur klop
Vir hom is liefde soos stasies in die nag
Of ruigtes van asiel ...
Die rys is kort 'n bedevaart
van donker nag tot nag
Waarin hy sink om weer verwek te word
Hy weet om te vertoef is om te sterf
En afskyd bly altyd ... 'n nuwe begin
Hy weet om te gedy is om
te sterf
En elke vrou 'n wyle te bemin