Nicolaas 1780 het een seun by Bettie Theunissen
gehad, Nicolaas (1833 – 1907).
.
.
.
.
.
Hy is met Martha Maria Retief getroud, dogter
van Gideon Retief (wat ’n broer was van Piet Retief).Hulle het 5 seuns gehad: Nicolaas 1853 (ons
Oupagrootjie), Gideon Retief of GR (1859), Philippus Albertus (Flip) (1863), Marthinus,Piet Retief (Piet).
Nicolaas von Wielligh 1853 met Wentzel
Nicolaas 1853 was weliswaar die eerste
Nicolaas von Wielligh in die Transvaal maar dit sou nie reg wees om hom Nicolaas 1 te noem nie. Dié eer kom Nikolaus
toe wat in 1705 by die Kaap aangekom het. Ná hom was daar ’n hele klomp Nicolase:
Nicolaas het op ouderdom 30
van die Kaap na Transvaal toe getrek, as Voortrekker omstreeks 1883, en op die plasie Driefontein eerste
familie plaas naby Boksburg gaan woon. Een van sy bure was Wentzel en hy is waarskynlik met dié se
dogter getroud wat verklaar waarvandaan die name Christiaan Lodewicus Wentzel in die familie ingekom het.
As ’n mens kyk na Nicolaas 1853 se dogters met name Maria, Elizabeth Jacoba en Martha Maria, dan het hulle Ma (Wentzel)
waarskynlik een van dié name gehad.
Nicolaas von Wielligh 1876 met Elizabeth Hatting.
My Sterk Oupa Klasie von Wielligh.
Nicolaas von Wielligh Gebore 1876 en oorlede 1959.
As ons ou Nikolaus wat in
1705 in die Kaap aangekom het neem as die eerste geslag, dan is Boetie, jy en ek die negende
geslag in Suid-Afrika. Ek sou liewer die geboortedatum gebruik, byvoorbeeld Nicolaas 1876 vir ons Oupa
Eintlik was hy maar ‘n klein outjie, "die stof poepertjies van die
fam", het Ouma gespot.
Ek was so trots op "my Sterk Oupa".
Die naam kom van die tyd toe ons Dooring
Draad Grenslyne gespan het. Dit was na die oorlog en draad weer beskikbaar. My eerste skool vakansie (1945)– Winter tyd – Ons laai die stoot waentjie. Ook onthou die syl watersak, en warm
koffie botel in 'n lekker warm kombersie toegedraai. En ons gaan trekend, stootend en rustend veld toe. “Om
iets nuttig te doen vir hierdie dag”.Ek hou die ysterpaal reguit vas, hy klim op die trapleertjie
en slaan in. Elke hammer slag gaan gepaardmet ‘n geweldige blaf, wat ontplof duer
sy baard en weerklink onder in die vlei - die lekkerkry met elke slag. En diepaalsink ‘n voet of twee, en die aarde bewe. En ek was oortuigend trots en beindruk
om saam met met hierdie geweldige persoon, hierdie belangrike daad te verig
– en later jare as handlanger van hd "Ystersmeet" - Artezan met vuur en Yster - deel
in hierdie skeppings werk. Baie jare later, op my swerwe ondek ek toe op ´n klein eilandtjie met die naam van
Nippon. Tot vandag - bestaan geen vergelyking in die kuns van staalwerk soos die Samurai Swaarde. Ek haal my hoed af in die
teenwoordigheid van ´n Meester met Staal.
Krisjan en Klasie von Wielligh
Tweeling Broers
Hy en
sy tweeling Broer Krisjan was altwee Meesters met yster en vuur. En so nou en dan kom hulle bymekaar en maak die mooiste
dinge soos
ploegskaare, Groot hek skaniere en hand slote. Alles het my geweldig beindruk, veral
as die vonke so spat met die eerste donderende hammerslag as die yster smelt en bly gesmee.
Een
hou vas en met die klein hammertjie merk, die ander slaan, en alles val in plek sonder woorde. Vonnie was die outjie wat die blaasbalk draai, en
stadiger draai, of vinniger draai - en nooit nooit stop draai nie. En uiteindelik breek aan ‘n oomblik om te blaas.
Ons
sit almal op die boomstomp, en oupa neem sy knipmes uit, en skul vir my ‘n suig lemoen. En die twee Broers
beplan ‘n lang reis – om materiaal te gaan haal. Dit beteken Yster, Kole, Antrasiet, en Kouk – En natuurlik
Hout. Daar was nie bome in Bethal se omgewing in dd jare nie. Al
die geplante bome soos Bloekom, Wilger, en Popelier is slegte hout. Die regte hout kom van die laeveld. En
moet daar gaan haal word. En natuurlik die ingevoerde hout van suid america en konifer (pine). Wat gebruik
word vir tafels en huis muebels. Haai en as mens die huit skaaf en hy sus, so as hy oprol om 'n spiel
glade vlak te los. en die ruik van vars geskaafde hout, elk met sy guer.
My oupa Grootjie en Klasie von Wielligh
By die huis op die hoeveld wat hulle net klaar gebou het.
Hier verskyn
Klaasie en sy skoonpa ?? by die ou klip huis wat oupa gebou het, met die bloekoms in die agtergrond. Hy het baie bloekom
bome geplant. Later het dit in enorme groot bome verander,waar die tarentale kom slaap saans as dit skemer
word,. Net een swart wattel boom langs die huis het wortel geskiet ,Dit het later ook in ‘n enorme boom verander,
vol duiweneste. Die bas was gebruik om die leer te looi, hy het baie met leer gewerk. Van elke vrugte soort het hy een boompie
geplant. Een
appelkoos boom en ‘n sagte peerjie was my gesogde vrugte. Baie jare later plant ons toe ‘n klomp cipres bome
om die huis. En later groot - plant ek toe ons eie Wilgers in die vlei. Ons het die groot takke op Ben (sy ander Broer)
se plaas gaan haal. Weerlig het die Boom geslaan en hom van bo tot onder oop geruk.
Kliek Prent vir GROOT.
En My Ouma Bettie het die triestigste oe gehad
Die
nuus kom met die nuwe Telefoon – jy draai die slinger en praat. Ouma woon op die foon en praat met die hele
wereld, en luister in op die gespreke van die buure, wat die selfde lyn deel..En die hele dag maak sy tee van dinge vir haar
en oupa. Ouma Bettie het tee gemaak van die wilgerbas – vir hoofpyn. En dagga wortels vir die fleme en om
die bors droog te maak. Sy het gewoonlik ‘n lys gemaak. Al die tee en dinge wat oupa moet saambring van die koeliewinkel
op Sukkelaar (die trein stasie). Eerste die Koffiebone, enbruin suiker. In die oorlogsjare was
dit die swart mark en die koelie winkel het altyd alles. Daar was Rooibos, Swart Celon, Shinese Groentee, Bossietee,
en Snuif.“en
onthou die Kasterolie om Vonnie te ontwurm.”
En oupa kry sy perd
reg en sit af winkel toe. Meer as alles, vir die twak en vuurheidjies wat hy nodig het om sy pyp te kan rook.
En hy praat met sy perd – maar het nooit sy naam genome nie.
My poonie se naam was Apeltjie –
ek het hom nooit gery nie. Ek word vreeslik seesiek, - Later ook nooit gewoond geraak aan die see nie. Alhoewel ek jare op
see deurgebring het – my matroos jare.
Ek onthou die oorlogs-jare
as skaars jare – Kos het duur geword. Geen kole vir die vuur, geen yster, meel, suiker en koffie kan bekom word nie.
"Alles
gaan vir die magte wat duitsers doodveg."
Click om die prent in GROOT te sien
Klasie en Bettie met Quartus en Wikus
En
oupa Klasie maak toe die stootwaentjie met lang arms om tef te saai. En hy saai ses tree wyd met elke stappie.
Later oes hy dit met die Os getrekte snymashien Tefsaad was groot geld – met ‘n
paar sakies kan jy ‘n plaas koop. Die hooi word in groot miedens gepak sodat die reen altyd
af loop. Hy het ook ‘n Senz gehad wat hy gebruik het om, om die huis te sny. Laterjare kry ek Senz
sonder die steel – In ‘n veldbrand omgekom. En daar was die Dissel wat hy van sy pa gekry
het. Die dissel wat die hotnot se toon afgesny het.In daarie selfde jare
koop hy toe die Duitste Radio met die plaatspeler. Die pragtigste hout kas met deure, met
die fynste versierde hout. En die windmuele om die Batrie te laai. En soms gaan baie dae
verby sonder wind. Dit was oorlogsjare en nuus uit die moederland was onmisbaar. Onthou die Duitsers het die
Boere met Mausers verskaf in die 1900 oorlog. En hy lag van lekkerkry as Rommel weereens die engelse magte
ontduik. Hy het nooit die engelse vergewe vir wat hulle met die die vrouens en kinders in die konsentrasie kampe gedoen
het, geduerend die Boereoorlog nie. ("Meer as 25,000 vrouens en kinders het 'n honger sterfte
gesien")
Click op die prent om in GROOT te sien
Ek en Boetie op die plaas
En ons
kry die wa reg vir die rys – net drie jukke met alles. Die wa se middel stuk word uitgehaal – dan skuif hy toe vir
‘n klein waentjie. En oupa laai die tef saad en andergraantjies wat hy Sukkelaar toe neem.
Om by
die Kooperasie by die trein stasie te verkoop. Drie honderd tree verder is die Koelie winkel. En hy koop ´n
sak bruin suiker , drie sake mieliemeel.´n sak bruinbrood meel - en ouma sif dit met ´n
sykous wat sy oor ‘n raam span. En ons eet wit brood wat verbode was. Dit was ook in hd tyd toe pa “die
ander vrou” indie huis gebring het. Ma Sannie het die Kombuis oor geneem. Die begin van my
skooljare, het ons ook‘n paar epidemies gehad. Dit was duitsemaasels, pokkies en poliomelitus. En ek moes leef met
‘n knoffel sakkie om my nek. En Dr Voster kom skool toe om inspeksie te doen. En die Skool sluit vir ‘n week,
oor
skool gaan, en hoe ek daar kom, kan ek baie stories vertel. En ek onhou die keer toe oupa se skape met die Engelse buurman
Miller sinduermekaar geraak het. Hy was mos 'n offesier in die Britse Mag. En hulle kom ooreen – Elkeen roep
sy skape en stap weg met hulle. Iets wat hulle nie in aanmerking geneem het nie, - Skape volg skape. Soos gewoonlik, kom
oupa weer aan die kortste end uit. dit is toe hy besluit om doring draad te bekom.
Clik op die prent om in GROOT te sien
Die dag toe ons die Klosie maak, ek neem natuurlik die Foto.
En die
veld brande wat die weiding en tefmiedens bedryg. Die keer toe dit gesneeu het, die haalstorms, die sprinkaane en
die grootdroogte. Die keer toe dit vir’n week lank gereen het sonder ophou. En die voels kom onder dak op die agterstoepskuiling soek. En die vleie oorstroom, en babers en visse ooral rond. En Boetie kom trug met die kruiwa vol
vis. Twee
Babers baie grooter as hy – en hulle het lang lang baarde. .Oupa se, hulle swem stroomop, tot hulle nie meer verder
kom nie.
Hy het altyd vir my gese. “Moenie kwaad
doen nie – doen liewer iets nuttig” .Eenkeer het ek al sy bore groot en klein weg in die grond geslaan.
Dit
was so lekker om hulle so draaiende te sien in gaan. Jare later ondek hy
my misdaad – die bore amper weg geroes. As die misdaad vreeslik groot is, word hy vreeslik kwaad.
Hy
omplof deur sy baard, draai om en stap weg met sy vinnige draf stappie. Hy vermy altyd woordewesseling en verloor liewer
´n klomp skape. “Roep jou oupa vir tee – weet nie waarom is hy vandag befoeterd nie” Oupa drink sy tee
en glimlagend loop hy weg – rustig, met sy hande agter sy rug gevou.
Het nie
baie van mense of geselsery gehou nie. As die besoekers begin herhaal is hy uit gekuier. Stap weg "om iets baie nodig, te
gaan klaar maak". En ek volg altyd – was maar self ‘n skaam plaas Jaapie. En hy fluister sag
– “Beter om iets nuttig te doen, as om na hulle twak te luister” – Twak was die grootste woord wat
hy gebruik het. Het nooit gevloek nie. Hy het altyd gese “n sterk man het nie sterkwoorde nodig om sy punt te maak nie.
As
hy met mense moet deel is hy baie hoflik en dagsaam. As hy dorp toe moet gaan is dit ‘n regmaakery. Dit begin met skoene skoonmaak,
en klere reg kry.
En hy slyp sy skeermes op die leer strop
wat langs die groot klerekas hang.En hy staan wydsbeen om beter in die spiel te sien, in sy wit onder hemp, leer kruisbande hang tot sy kniee.
- en hy sit skuim aan met die skeer borsel. Die geluid van ‘n skeermes
op baard is,‘n lekker herhindering en bly my altyd by.
Kliek die Prent vir GROOT
Die Vic Alfa Stoet Boerdery
Kliek vir Groot
Lug foto van die Plaas Goedehoop na Klasie
En
hy maak die mes op ‘n stukkie koerant skoon, wat hy later vou en weggooi. En nou begin hy met die ander hand (het my altyd
beindruk) die ander kant van sy gesig. Klaar, neem hy die fyn gepunte skertjie en sny sy snor reg.
Altyd
met ‘n onderbaatjie, wit hemp met die boortjie hard gestysel en das wat hy uitsoek van die klomp wat hang binne sy klerekas
duer. Regtig fyn uitgevat as hy en ouma sondag nagmaal toe gaan – En die hele Fam is daar by die NG kerk op Bethal.
Flippie -
oupa se jongste broer pas die perde en kare op – en hy moet ‘n oog oor Vonnie hou. Met die vroumense was
hy altyd baie ridderlik, sy hand altyd daar om te help. Maak deure oop en buig sodat hulle eers ingaan en trek stoele uit
sodat hulle eerste by die eet tafel aansit.Almal maak oe toe en hy vra die seen en dank
vir die kos. Begin die vleis te sny en uitdeel. Sien om na die behoeftes van almal om die eet tafel. En
elke aand na ete is dit “boeke vat”. En die Familie Bybel was die enigste boek in die huis. En
waar die bybelmerk oopmaak lees hy ‘n paar verse vir oordenking. Ons draai om, en kniel, terwyl hy dank
vir die dag se gebuire. En hy bid :-“Mag ons strewe altyd ´n bydra tot U skepping wees. Gy zult ons niet verstooten.
U Eigen Zoon Heeft tot uw’ troon den weg ons weer ontsloten".
Kliek vir GROOT
Oupa Klasie se 5 klein kinders
En Stiefma
Sannie bid so. (soms het ek onder die indruk gekom sy praat met oupa).“Bewaar ons, O Heer, van kleinlikheid.Laat ons groot wees
in gedagte, woord en daad.Laat ons foutvindery vermy en waak teen alle selfverheerliking .Mag ons alle skyn vermy en mekaar eerlik
in die oe kyk sonder selfbejamering of vooroordeel.- mag ons traag wees om te oordeel en altyd grootmoedig. Leer ons om ons
beter neigings eerlik en vreesloos in beoefening te bring. Help ons om nie gejaagd te wees nie.Om toe te neem in rustigheid,
waardigheid en sagsinigheid. Gee dat ons mag besef dat dit die klein dingetjies is wat verdeel. Dat ons in die groot dinge
van die lewe een is. Mag ons strewe om die groot menslike hart te raak en te ken. En O Heer ons God, Laat ons nooit nalaat
om minsaam te wees nie, amen.”
Dit is nou die Vier oorlewende klein Kinders
Oupa
Klasie se oorlewende Kleinkinders.
Dit is nou hoe
hulle vandag 2008 lyk.
Van lings na regs – Nicolaas – Vonnie
– Hendrik – Geesie (Gideon Retief (1944)).
En elke
ou, het sy eie familie, en 'n ander storie om van te vertel.
Die
Perde Stories.
En oupa vertel my van die mooiste perde wat hy in sy lewe gesien het, En daar was die Engelse
met hulle rooi perde. Dit was oorlog, die uitdaaging was om die engelse se perde af te neem, vernaamlik die trek perde, en hy was 'n meester. Want die Engelse
het al die boere se osse afgeneem om te eet, of net dood geskiet want die osse was te stadig vir hulle gebruik. Oupa sé,
as mens loop kan jy nie eers naby die Perde-kraal kom voor hulle onrustig raak nie. Maar sitend op jou perd kan jy vrylik
tussen hulle beweeg, maak jy almal aan mekaar vas en kan jy die groep wegly sonder 'n geluid of alarm. En nou later verstaan
ek alles as ek onthou, hoe hy en sy perd al die hekke op die plaas oop en toemaak sonder afklim. Geluide wat hy maak met ´n
toe-mond dui hy aan om te stoot, trek of gooi nou gad-om. Soos klok werk.
Swart en Wit Droom Perd
Amerikaanse Rooihuid Perd
“En dan was daar die kanon perde. Die pragtigste groot sterk perde, hulle kan heeldag trek aan die swaar yster kanone, en word nie moeg nie. Hulle het
dik yster skoene aan hulle hoewe, grooter as daai bord, en elke poot het lang lang hare wat hang tot die grond.
En toe eendag sien ek toe die mooiste van almal,
dit was‘n wit perd met swart.
Met lang wit mane wat waai in die wind.
Regtig
die mooiste mooiste perd, en ek sien hom in my drome.”
In my verbeelding sien ek toe die volgende beeld, soos die een wat die noord amerikaanse rooihuide het. En so duer die jare kom ek so nou en dan af op
‘n mooi perde en ek dink altyd.
“Ek wens Oupa Klasie kon dit nou gesien het.”
Dit was die geval met hierdie porselyn perdjie,
hand gemaak, Ek weet hy sou dit regtig vreeslik geniet het.
Kliek vir GROOT
Hand gemaakte Porselyn Perdjie
Enter content here
Clik om in GROOT te sien
Dit is die tawe Franse perdtjies
Hy het baie genoem van die grys perde
wat die franse het. Regtig
tawa pertjies met baie uithoudings vemoe.
Eintlik kom hulle oorspronklik van die arabiese perde wat woestyn omstandighede ken.
.
"En as die golwe so slaan op die strand in
die laat van die nag,
Klink dit soos die donder van baie perde hoewe, wat so verby storm op die strand, en as hulle oor
die klip plaat hol slaan die vonke van hulle beysterde hoewe".
Perde Prente
Klink dit soos die donder van perde hoewe wat verby storm in die nag
droomperd
Soos voorheen genoem, toe ek klein was, kon dit nie vat om perd te ry nie.
En ek sit tussen Oupa se bene op die saal.
Die skommelry trek my maag op ‘n knop en ek gooi op, kort kort, die hele dag lank.
Finaal van die trek kom ek blou in die gesig aan,
en ek wens altyd, ek was liewer dood.
Het nooit aan hierdie skommelry gewoond geraak nie.
Alhoewel ek baie jare later op see duergebring
het,
ek moes net leer om dit
te oorleef.En ek wens oupa kon dit nou sien –hy sou daarvan gehou het.
En toe eendag kom ek af op hierdie beeld, en ek het net geweet, dit is nou oupa se droom perd.
En ek wonder nou wat sou hy se as hy "Tvdigital" kon sien, dit is regtig asof mens “daar”
is.
"Hacer
las cosas para toda una vida". Él asumir proyectos de hacer las cosas mecánicas
que es muy difícil de conseguir. Dedicado principalmente en calza dura de ciertos componentes vitales de Robots industriales.
Tales como el diseño y construcción de conjuntos de inyección, extrusión de plásticos,
y la industria de fibras reforzadas. Entender el fuego y conocer los secretos de la termomecánica. Trabajo con
fuego a diario. Encanta bases de NiCr atada con su propio "Nano Tecnología", como el boro y los
carburos de boro cúbico nitruros de boro, WC, Carbon60, Microesferas y Nano Diamantes. "Hacer las cosas para toda
la vida".