Enter content here

Enter content here

Die Moedige Ruiter.
Boer en Perd  Klasie von Wielligh
My Sterk Oupa Klasie von Wielligh

My Sterk Oupa Klasie von Wielligh.

Nicolaas (3) von Wielligh Gebore 1876 en oorlede 1959.

Eintlik was hy maar ‘n klein outjie, "die stof poepertjies van die fam". 

Ek was so trots op my Sterk Oupa. 

 Die naam kom van die tyd toe ons Doring Draad Grenslyne gespan het.  My eerste skool vakansie – Winter tyd – Ons laai die stoot waentjie.  Ook onthou die syl watersak en warm koffie botel, in 'n lekker worm kombersie toegedraai.  

 En ons gaan trekend, stootend en rustend veld toe.  “Om iets nuttig te doen vir hierdie dag”.  Ek hou die ysterpaal reguit vas, hy klim op die trapleertjie en slaan in.   Elke hammer slag gaan gepaard  met ‘n geweldige blaf,  wat ontplof duer sy baard  en weerklink onder in die vlei - die lekkerkry met elke slag.   En die  paal  sink ‘n voet of twee, en die aarde bewe. En ek was oortuigend trots  om met hierdie geweldige persoon,   hierdie belangrike daad te verig – om te deel in hierdie skeppings werk.

Krisjan en Klasie von Wielligh
Krisjan en Klasie von Wielligh
Tweeling Broers

Hy en sy tweeling Broer Krisjan was altwee Meesters met yster en vuur.  En so nou en dan kom hulle bymekaar en maak die mooiste dinge soos ploegskare, Groot hek skaniere en hand slote.  Alles het my geweldig beindruk, veral as die vonke so spat met die eerste hammerslag.  Een hou vas en met die klein hammertjie merk, die ander slaan, en alles val in plek sonder woorde.   Vonnie was die outjie wat die blaasbalk draai, en stadiger draai, of vinniger draai - en nooit nooit stop draai nie.  En uiteindelik breek aan ‘n oomblik om te blaas.  Ons sit almal op die boomstomp, en oupa neem sy knipmes uit,  en skul vir my ‘n suig lemoen.  En die twee Broers beplan ‘n lang reis – om materiaal te gaan haal.  Dit beteken Yster, Kole, Antrasiet, en Kouk – En natuurlik Hout. Daar was nie bome in Bethal se omgewing in dd jare nie.  Al die geplante bome (Bloekom, Wilger, Popelier) is slegte hout.  Die regte hout kom van die laeveld.

My oupa Grootjie en Klasie von Wielligh
Oupa Grootjie en Klasie von Wielligh
By die huis op die hoeveld wat hulle net klaar gebou het.

Hier verskyn Klaasie en sy pa met die huis wat hulle gebou het, met die bloekoms in die agtergrond. Hy het baie bloekom bome geplant.  Later het dit in enorme groot bome verander, waar die tarentale kom slaap saans as dit skemer word,.  Net een swart wattel boom langs die huis het wortel geskiet ,Dit het later ook in ‘n enorme boom verander, vol duiweneste.  Die bas was gebruik om die leer te looi, hy het baie met leer gewerk. Van elke vrugte soort het hy een boompie geplant. Een appelkoos boom en ‘n sagte peerjie was my gesogde vrugte. Baie jare later plant ons toe ‘n klomp cipres bome om die huis. En later groot - plant ek toe ons eie Wilgers in die vlei.  Ons het die groot takke op Ben (sy ander Broer) se plaas gaan haal.  Weerlig het die Boom geslaan en hom van bo tot onder oop geruk.

Ontmoet Klasie en Bettie von Wielligh
Ontmoet Klasie en Bettie von Wielligh
En My Ouma Bettie het die triestigste oe gehad

Die nuus kom met die nuwe Telefoon – jy draai die slinger en praat.  Ouma woon op die foon en praat met die hele wereld, en luister in op die gespreke van die buure, wat die selfde lyn deel..En die hele dag maak sy tee van dinge vir haar en oupa.  Ouma Bettie het tee gemaak van die wilgerbas – vir hoofpyn.  En dagga wortels vir die fleme en om die bors droog te maak.  Sy het gewoonlik ‘n lys gemaak.  Al die tee en dinge wat oupa moet saambring van die koeliewinkel op Sukkelaar (die trein stasie). Eerste die Koffiebone, en  bruin suiker.In die oorlogsjare was dit die swart mark en die koelie het altyd alles.  Daar was Rooibos, Swart Celon, Shinese Groentee, Bossietee, en Snuif.“en onthou die Kasterolie om Vonnie te ontwurm.”  En oupa kry sy perd reg en sit af winkel toe.   Meer as alles vir die twak en vuurheidjies wat hy nodig het vir sy pyp.  En hy praat met sy perd – maar het nooit sy naam genome nie.  My ponie se naam was Apeltjie – ek het hom nooit gery nie.  Ek word vreeslik seesiek, - Later ook nooit gewoond geraak aan die see nie.  Alhoewel ek jare op see deurgebring het – my matroos jare.   Ek onthou die oorlogsjare as skaars jare –Kos het duur geword.  Geen yster, meel, suiker en koffie kan bekom word.   Alles gaan vir die magte wat duitsers doodveg.

Click om die prent in GROOT te sien
Met twee suens Quartus en Wikus von Wielligh
Klasie en Bettie met Quartus en Wikus

En oupa Klasie maak toe die stootwaentjie met lang arms om tef te saai. En hy saai ses tree wyd met elke stappie.  Later oes hy dit met die Os getrekte snymashien Tefsaad was groot geld – met ‘n paar sakies kan jy ‘n plaas koop.  Die hooi word in groot miedens gepak sodat die reen altyd af loop. Hy het ook ‘n Senz gehad wat hy gebruik het om, om die huis te sny.  Laterjare kry ek Senz sonder die steel – In ‘n veldbrand omgekom.  En daar was die Dissel wat hy van sy pa gekry het. Die dissel wat die hotnot se toon afgesny het. In daarie selfde jare koop hy toe die Duitste Radio met die plaatspeler.  Die pragtigste hout kas met deure,  met die fynste versierde hout.  En die windmuele om die Batrie te laai. En soms gaan baie dae verby sonder wind. Dit was oorlogsjare en nuus uit die moederland was onmisbaar. Onthou die Duitsers het die Boere met Mausers verskaf in die 1900 oorlog. En hy lag van lekkerkry as Rommel weereens die engelse magte ontduik.  Hy het nooit die engelse vergewe vir wat hulle met die die vrouens en kinders in die konsentrasie kampe gedoen het, geduerend die Boereoorlog nie. ("Meer as 25,000 vrouens en kinders het 'n honger sterfte gesien")

Click op die prent om in GROOT te sien
OupaKlaasie/Ek en Boetie.jpg
Ek en Boetie op die plaas

En ons kry die wa reg vir die rys – net drie jukke met alles. Die wa se middel stuk word uitgehaal – dan skuif hy toe vir ‘n klein waentjie. En oupa laai die tef saad en ander  graantjies wat hy Sukkelaar toe neem.  By die Kooperasie by die trein stasie  verkoop.  Drie honderd tree verder is die Koelie winkel.  En hy koop ´n sak bruin suiker , drie sake  mieliemeel.´n sak bruinbrood meel - en ouma sif dit met ´n sykous wat sy oor ‘n raam span.  En ons eet wit brood wat verbode was.  Dit was ook in hd tyd toe pa “die ander vrou” in  die huis gebring het.  Ma Sannie het die Kombuis oor geneem. Die begin van my skooljare, het ons ook‘n paar epidemies gehad.  Dit was duitsemaasels, pokkies en poliomelitus.  En ek moes leef met ‘n knoffel sakkie om my nek.  En Dr Voster kom skool toe om inspeksie te doen.  En die Skool sluit vir ‘n week, oor skool gaan, en hoe ek daar kom, kan ek baie stories vertel. En ek onhou die keer toe oupa se skape met die Engelse buurman Miller  sin  duermekaar geraak het. Hy was mos 'n offesier in die Britse Mag. En hulle kom ooreen – Elkeen roep sy skape en stap weg met hulle.  Iets wat hulle nie in aanmerking geneem het nie, - Skape volg skape.  Soos gewoonlik, kom oupa weer aan die kortste end uit.

Clik op die prent om in GROOT te sien
Ons maak die Buite huis
Die dag toe ons die Klosie maak, ek neem natuurlik die Foto.

En die veld brande wat die weiding en tefmiedens bedryg.  Die keer toe dit gesneeu het, die haalstorms, die sprinkaane en die grootdroogte.  Die keer toe dit vir’n week lank gereen het sonder ophou.  En die voels kom onder dak op die agterstoep  skuiling soek.  En die vleie oorstroom, en babers en visse ooral rond.  En Boetie kom trug met die kruiwa vol vis.  Twee Babers baie grooter as hy – en hulle het lang lang baarde.  .Oupa se, hulle swem stroomop, tot hulle nie meer verder kom nie. 
Hy het altyd vir my gese.  “Moenie kwaad doen nie – doen liewer iets nuttig”  .Eenkeer het ek al sy bore groot en klein weg in die grond geslaan. Dit was so lekker om hulle so draaiende te sien in gaan.  Jare later ondek hy my misdaad – die bore amper weg geroes.  As die misdaad vreeslik groot is, word hy vreeslik kwaad.  Hy omplof deur sy baard, draai om en stap weg met sy vinnige draf stappie.  Hy vermy altyd woordewesseling en verloor liewer ´n klomp skape.  “Roep jou oupa vir tee – weet nie waarom is hy vandag befoeterd nie”  Oupa drink sy tee en glimlagend loop hy weg – rustig, met sy hande agter sy rug gevou.

Het nie baie van mense of geselsery gehou nie. As die besoekers begin herhaal is hy uit gekuier.  Stap weg "om iets baie nodig, te gaan klaar maak".  En ek volg altyd – was maar self ‘n skaam plaas Jaapie.  En hy fluister sag – “Beter om iets nuttig te doen, as om na hulle twak te luister” – Twak was die grootste woord wat hy gebruik het. Het nooit gevloek nie. Hy het altyd gese “n sterk man het nie sterkwoorde nodig om sy punt te maak nie. As hy met mense moet deel is hy baie hoflik en dagsaam. As hy dorp toe moet gaan is dit ‘n regmaakery. Dit begin met skoene skoonmaak, en klere reg kry.

 En hy slyp sy skeermes op die leer strop wat langs die groot klerekas hang. En hy staan wydsbeen om beter in die spiel te sien, in sy wit onder hemp, leer kruisbande hang tot sy kniee. - en hy sit skuim aan met die skeer borsel.  Die geluid van ‘n skeermes op baard is,‘n lekker herhindering en bly my altyd by.

Dit is die Kampioene
Wikus von Wielligh met die Vic Alfa Stoet
Die Vic Alfa Stoet Boerdery

En hy maak die mes op ‘n stukkie koerant skoon, wat hy later vou en weggooi. En nou begin hy met die ander hand (het my altyd beindruk) die ander kant van sy gesig.  Klaar, neem hy die fyn gepunte skertjie en sny sy snor reg. Altyd met ‘n onderbaatjie, wit hemp met die boortjie hard gestysel en das wat hy uitsoek van die klomp wat hang binne sy klerekas duer. Regtig fyn uitgevat as hy en ouma sondag nagmaal toe gaan – En die hele Fam is daar by die NG kerk op Bethal. Flippie - oupa se jongste broer pas die perde en kare op – en hy moet ‘n oog oor Vonnie hou.  Met die vroumense was hy altyd baie ridderlik, sy hand altyd daar om te help. Maak deure oop en buig sodat hulle eers ingaan en trek stoele uit sodat hulle eerste by die eet tafel aansit. Almal maak oe toe en hy vra die seen en dank vir die kos.  Begin die vleis te sny en uitdeel. Sien om na die behoeftes van almal om die eet tafel. En elke aand na ete is dit “boeke vat”. En die Familie Bybel was die enigste boek in die huis. En waar die bybelmerk oopmaak lees hy ‘n paar verse vir oordenking.  Ons draai om, en kniel, terwyl hy dank vir die dag se gebuire. En hy bid :-“Mag ons strewe altyd ´n bydra tot U skepping wees. Gy zult ons niet verstooten. U Eigen Zoon Heeft tot uw’ troon  den weg ons weer ontsloten".

Vyf klein seuns van Klasie von Wielligh
Oupa Klasie se 5 klein kinders

En Stiefma Sannie bid so. (soms het ek onder die indruk gekom sy praat met oupa).“Bewaar ons, O Heer, van kleinlikheid.Laat ons groot wees in gedagte, woord en daad.Laat ons foutvindery vermy en waak teen alle selfverheerliking .Mag ons alle skyn vermy en mekaar eerlik in die oe kyk sonder selfbejamering of vooroordeel.- mag ons traag wees om te oordeel en altyd grootmoedig. Leer ons om ons beter neigings eerlik en vreesloos in beoefening te bring. Help ons om nie gejaagd te wees nie.Om toe te neem in rustigheid, waardigheid en sagsinigheid. Gee dat ons mag besef dat dit die klein dingetjies is wat verdeel. Dat ons in die groot dinge van die lewe een is. Mag ons strewe om die groot menslike hart te raak en te ken. En O Heer ons God, Laat ons nooit nalaat om minsaam te wees nie, amen.”

 
Hierbo al Oupa Klasie se Kleinkinders. Van lings na regs – Nicolaas (5) – Nicolaas (6) - Vonnie – Hendrik – Gideon.

Dit is nou die Vier oorlewende klein Kinders
Klasie von Wielligh se vier oorlewende klein kinders

 
Oupa Klasie se oorlewende Kleinkinders.
Dit is nou hoe hulle vandag 2008 lyk.
Van lings na regs – Nicolaas (6) – Vonnie – Hendrik – Geesie (Gideon Retief (4)??)

En elke ou, het sy eie familie, en 'n ander storie om van te vertel.

Die Perde Stories.
En oupa vertel my van die mooiste perde wat hy in sy lewe gesien het, En daar was die Engelse met hulle rooi perde.
 Dit was oorlog, die uitdaaging was om hulle perde af te neem, vernaamlik die trek perde.
Want die Engelse het al die boere se osse afgeneem om te eet, of net dood geskiet..

Swart en Wit Droom Perd
Oupa Klasie se Droomperd  tekening
Amerikaanse Rooihuid Perd

“En dan was daar die kanon perde. Die pragtigste groot sterk perde, hulle kan heeldag trek aan die swaar yster kanone, en word nie moeg nie. Hulle het dik yster skoene aan hulle hoewe, grooter as daai bord, en elke poot het lang lang hare wat hang tot die grond.

En toe eendag sien ek toe die mooiste van almal, dit was‘n wit perd met swart.

Met lang wit mane wat waai in die wind.

Regtig die mooiste mooiste perd, en ek sien hom in my drome.”

Clik om in GROOT te sien
Clik - Dit is die tawe Franse perdtjies
Dit is die tawe Franse perdtjies

In my verbeelding sien ek toe die volgende beeld, soos die een wat die noord amerikaanse rooihuide het. En so duer die jare kom ek so nou en dan af op ‘n mooi perde en ek dink altyd.

 

“Ek wens Oupa Klasie kon dit nou gesien het.”

Dit was die geval met hierdie porselyn perdjie, hand gemaak, Ek weet hy sou dit regtig geniet.

Wens Oupa Klasie kon die Porselyn Perdtjie sien
Hand gemaakte Porselyn Perdjie

Hy het baie genoem van die grys perde wat die franse het. Regtig tawa pertjies met baie uithoudings vemoe.
Eintlik kom hulle oorspronklik van die arabiese perde wat woestyn omstandighede ken.
.
"En as die golwe so slaan op die strand in die laat van die nag,
Klink dit soos die donder van baie perde hoewe, wat so verby storm op die strand".

Click om die Prent in GROOT te sien
Die golwe klink soos die donder van perde hoewe wat verby storm in die nag
Klink dit soos die donder van perde hoewe wat verby storm in die nag

Soos voorheen genoem, toe ek klein was, kon dit nie vat om perd te ry nie.

 En ek sit tussen Oupa se bene op die saal.

Die skommelry trek my maag op ‘n knop en ek gooi op, kort kort, die hele dag lank.

Finaal van die trek kom ek blou in die gesig aan, en ek wens altyd, ek was liewer dood.

Het nooit aan hierdie skommelry gewoond geraak nie.

Alhoewel ek baie jare later op see duergebring het,

ek moes net leer om dit te oorleef. En ek wens oupa kon dit nou sien –hy sou daarvan gehou het.

En toe eendag kom ek af op hierdie beeld, en ek het net geweet,  dit is nou oupa se droom perd.

 En ek wonder nou wat sou hy se as hy "Tvdigital" kon sien,  dit is regtig asof mens “daar” is.

Pas die beskrywing van Oupa se Swart en Wit Droom Perd
Pas die beskrywing van Oupa se Swart en Wit Droom Perd

 

Enter content here

Home
LIFE and Double Helix Creations
Dream Child 2010
Escritos en Español.
Ideas for Future Dreams.
Afrikaanse Stories en Dinge.

Soldando.JPG
Aplying local Nanotec on a feedscrew

"Hacer las cosas para toda una vida".
Él asumir proyectos de hacer las cosas mecánicas que es muy difícil de conseguir. Dedicado principalmente en calza dura de ciertos componentes vitales de Robots industriales. Tales como el diseño y construcción de conjuntos de inyección, extrusión de plásticos, y la industria de fibras reforzadas. Entender  el fuego y conocer los secretos de la termomecánica. Trabajo con fuego a diario. Encanta bases de NiCr atada con su propio "Nano Tecnología", como el boro y los carburos de boro cúbico nitruros de boro, WC, Carbon60, Microesferas y Nano Diamantes. "Hacer las cosas para toda la vida".

Enter subhead content here

Enter supporting content here