|

|
| Lavon von Wielligh 85 |
Ou Vuilbaard se storie Kort opsomming van voor gebuertenise miskien kan ons later uitbrei. 'n Sterk indruk daar is 'n paar mense wat hier wag dat
ek moet uitbry.
En ou Vuilbaard was op besoek in SA. - Ek
dink in die jaar 1986. (Moet eendag by Francis uitvind.) Hy het nogal hier uit CR vertrek met ‘n ope besluit omtrent ‘n toekoms in SA. Die ergste was om weer aan die verkeerde kant van die pad te bestuur. In pretoria - sy geliefde Stad, baie, baie verlore
- veral sonder ‘n kar. Alles
verandered selfs die mense. Ou pals en famielie.

|
| Nuri en Francis. |

|
| Sagitario |
Vind gou werk met ASEA - die Electr
Cable mense .Reg langs die BMW fabriek, en gou bestuur hy ook ‘n blou BMW, wat
hy van sy niggie Judymarie en haar man Tienie koop. Met sy Bmweejie kuièr hy toe by al die familie, en ou Asters wat hy kon
opspoor. Gaan vir sy ouers kuier in die Karoo- Hulle het die plaas
op Bethal verkoop - In ruil vir die plaas in Jan Kemp dorp - soos
gewoonlik praat hy sy mond verby Was nooit ‘n ou vir draaie maak om by die punt te kom nie. Soms kom dit voor soos gevoeloos. Wat
belangrik is, duersienende werklikheid.

|
| So ver ek kan net verbeel hoe dit nou lyk |

|
| My eerste liefde met haar fam Tien jaar later |
En baie woorde wisseling gaan verby, want hy en Boetie (Nicolaas
1931) het reeds jare voorheen op Goedehoop,
hul erfporsie afgesê met die volgende woorde. "Nooit
wil ek van die grond afhanklik wees nie, of toelaat dat eindomme of geld my bind nie". Hy laat alles verby gaan - Sodat die jongstes van Ma Sannie, vir Pa Wikus kan help, En
voort gaan met die Vic Alfa Stoet en boerdery. En
sedert daardie besluit het dinge relatiewe waarde.
Hier heel onder, briewe van Myleen 20110401
met insig hoe sy vandag voel, en dd jare onthou.

Die
ideaal is - om niks niks te hê nie -selfs nie eers geld dra nie. Dit was die tyd van sy lewe met Hals Snoere. En hy het die mooieste self geslypte edelsteene gehad. As mens iets het wat ander begeer........ Wees verseker met gesleepenheid, of geweld gaan dit
van jou Afgeneem word. Die vraag is
– tot watter verset, is mens gewillig, om jou skepsels te verdedig. Is jy beryd om die dood in die oe te kyk. Om ‘n ou klippie te hé. Ruil hom liewer vir geld. En
ou Von tinker hier, en tinker daar, Alles wat mens
tinker verander in goud. Nes sy oupa hom geleer
het, "Doen iets goed vir elke dag".

|
| Biblioteek en Artistiese Werkamer. |

Its wat hy op reis geleer het, enige plek op aarde, as mens dinge kan maak,
of laat gebuer. Word jy op die hande gedra, en sal jy nooit behoefte of honger ly nie "as mens gee sonder om te verwag, word jy altyd met oorvloed beloon" Iemand
anders het eens gesé, “Strooi jou brood oor die water en dit kom trug tien keer, in die vorm van vis,” en
dit is waar, hy ken vis boere dit is 'n goud myn enige plek in die wereld.
| Dion en Marize von Wielligh. |

|
| Jan Kemp dorp. |

En nou Jan Kemp dorp,
Enigste ding goed van JK is, Goeie
druiwe, baie wyn en brak water. In
Von se boek is dit ‘n woestyn, mense woon daar vir duisende jare, sonder verandering. "ek kan julle verseker Vonnie is nie een van hulle nie." Hd oomblik miskien besluit -"ek vrek liewer
in die tropiese omgewing in die Bos." Wat ‘n
verbaasing toe hy uitvind dat kinders van 7 en 9 jaar, (Marize
en Dion, Gideon se kinders) nog nooit reên gesien het nie. En
ou Vuilbaard word oor die vingers getik.

|
| Dion en Marize von Wielligh in 2008 |
Omdat hy nog altyd vir ‘n baas werk,
want ‘n von Wielligh werk net vir hom self en sy
afhanklikes. Omdat hy nog nie "Klein Kinders
vir Oupa kom wys nie." Omdat hy nog nie "'n huis
met ‘n vrou en kinders en fam het nie." En wat hy het verlate nagelaat het in die strate van sy lewens gang. Dit was mos Pa
Wikus se lewens wens, om ‘n eie dogter
te gehad het, (“of net maar ‘n Kleindogter se fotos kan sien”)Tot
op hierdie staduim van my lewe was Fotos nie belangruk nie. Ek dra mos al my Prente, in my kop. Nou wens ek daar is ‘n
manier om hulle hier op hd blad te plaas. Ek Moet maar ander se prente gaan haal om te wees wat ek se.

|
| Elegant en vroulik soos skoenlapers in die son |
Want sien, ou Vuilbaard maak altyd ‘n
ooreenkoms met sy Gypsie vrindine."As dit ‘n dogter is, bly sy by jou - ‘n seun neem
ek met my saam."En so laat hy sy dogters verlate ooral in die vere ooste. Net soos in SA, mens moet
‘n naamgenoot nalaat, dogters tel mos nie. Sonder ‘n traan of bekommernis, want hy vertrou heeltemal in die verantwoordelikheid en oordeel van hulle
moeders, onafhanklike vroue, die meeste met ander en ouer kinders. Hy verwys na hulle as:

|
| Sy meisie in Pnom Phen |
"Flinders in die son, en sy kies altyd haar eie maatjie". So fyn en delikaat - jy mag net bewonder, vat maar nooit
nooit besit nie. En omdat sy die bewondering van almal geniet, het sy altyd alles, wat haar hart begeer. " Die roosboom
in gods aardse tuin” Aan jou is stil die
diep geheim vertrou om onskendbaar aan Gods skeppings plan te bou van uit jou wese klein en swak Spruit telkens weer 'n nuwe lewenstak"
En so in SA - kort voor lank, raak ou vuilbaard
se geluk op Amper
gelyktydig -beryk nuus hom van twee suens.


Die eerste – Tienie het my aangeraai hd storie is beter
vergete. En ou Vuilbaard laat hierdie twee agter, Dit was altyd sy wens, om vir hulle 'n grafsteen op te sit, maar hy
sé, as hy sy oé toemaak sien hy een daar, (Ja Tienie het
dit ook nou bevestig.) en so bly net die herindering van ‘n baie
spesiale siels genoot. "En sy speel die Klavier net vir my, en vandag nog hoor ek haar, oral rondom my"
. En die ander suen,
nuus uit sentraal amerika, bereik hulle doelwit na twee jaar, In Limon aan die Karibiese kus is daar ‘n suenjtie met
die naam Lavon Canet von Wielligh Rosales. Hier is dit mos die moeders naam wat belangrik is. Omtrent hierdie suen bestaan
daar twyfel, wat belangrik is, hy het die "von Wielligh" naam.
| Canet en Evelyn von Wielligh |

|
| Dit is wat hy aantref hier in Costa Rica |

|
| Hoe kan mens hd dingetjie in die bos laat grootword. |
En hulle sé in die oerwoud is daar ‘n
ander klein meisie. En die mense sê:- “Evi la Rubia es Hija de Lavon” se dogter. Dit is nou een dogter wat hy nie kan verlate nalaat in die bos nie. Die mense van die
bos soek nie ‘n beter of ander lewe nie. Hulle het dit nie nodig nie. Daar en dan neem hy die besluit vir
die toekoms. Want skielik hou SA absoluut niks, wat hom belang stel nie. Hy sien ook die skrif teen die muer, omtrent die
toekoms in SA in swart geskryf. En hy is ook maar duer en duer
goed uitgebak met al die familie, en vriende.

| Lavon Canet von Wielligh en familie |

|
| Lavon Canet von Wielligh |
Pak toe daar en dan op en kom toe trug
na Costa Rica, hier in Centraal America, vas beslote,om die rol en veranwoordelikheid van alleen ouer te
aanvaar. "‘n von Wielligh moet staan by sy woord. ‘n
Man sonder woord is niks werd nie." Die eie lot wat hy uitgespreek het toe hy gesè het:-
"Nou is dit my
buert om kinders groot te maak . En dit maak nie saak as dit nie myne is nie. Want
iemand daar buite kyk na myne." En die mense hier spotent sé - "hy
het broei's geword".
| Hulle bring 'n koeldrankie en vrugte vir Papi |

|
| Daar bestaan nie baie fotos van hom nie. |

|
| So lekker as die Vonke so spat. |
Dit is
die begin van ou Vuilbaard se Storie. En hy verwys en praat van Lavonn, dit is sy baas se naam Want dit is die eerste keer dat hy onafhanklik begin werk. Hy begin werk met vuur en ysters, dit wat sy Oupa hom
geleer het. Om dinge te
maak wat nie in die winkel gekoop kan word nie. As mens werk met vuur en ysters is jou baard altyd vuil, en daarom Vuilbaard.
Waarom die baard, As mens met vuur werk word baard staties gelaai en trek
die stof en beskerm ook teen die hutte, by 500 grade begin de pintjies oprol 1000grade op armlengte begin die baard rook uitslaan.
Dit is die Temp wat mens soek.
| Click |

|
| Blaaskansie met die kroos. |
| Click |

|
| Lavon se twee dogters uit die bos ervaaring |
Almal noem hom Papi. Daar is altyd een of twee
babies in sy huis, en van twee en
half jaar aan, word hulle amper self groot. As hulle toilet bemeester en kan praat gaan hulle skool toe. Hulle gaan die trappe op en af voor hulle kan loop, en hd huis het baie trappe..”Die skaterlag
van hardlopende, gesonde en gelukkige "enanos" (Dwergies)”.En hy sè "Dit is nou die mooiste geraas
op aarde." Die huis is gebou
met ‘n oog vir kinders, Bv. Tafel hoeke en kante word rond gemaak Al die spykers en splinters verwyder.
Gevaarlike pleke het tralies. Hier ‘n foto van ou Vuilbaard se kleinkinders.

| Click |

|
| Chi con sus responsibilidades. |
En nou later in die lewe. Die ander dinge wat
hom plesier verskaf. As hulle uitsonderlik
presteer op academiese gebied Studie
buerse wen, om in die vreemde te gaan studeer en voor uitkom. En as hulle hom vra om hulle in die kerk aan die bruidegom af tegee. Bv dit is nou Grethel se storie.
| Click |

|
| Tito Lavon en Groot ouma |
En Vuilbaard
het tot die besef gekom - dit is nie bloed wat a fam maak nie. Dit is ‘n ontasbare verbinding van gevoelens, en getrouenheid
aan die Klan, tussen broers en sisters, iets soos "bloed is Dukker as Water". Natuurlik
moet mens in aanmerking neem ons leef in ‘n gemeenskap waar familie band eerste kom. Waar ouers soms kaalvoet loop sodat
die kinders skool skoene kan hé. Herhinderinge - en daardie klein dingetjies en beginsels wat mens verbind. - Dit is
die Familia. Hulle weet wat om te doen -sonder om Papi te raadpleeg, of beter gesé – hulle weet wat Papi se antw
sou wees.

|
| Oorhandig Grethel aan die bruidegom |
| Click om in GROOT te sien |

|
| Grethel en haar fam 'n paar jaar later |
Dit is so lekker as die klein kinders kom keuer. Die "lelike Brak"
(in spaans Fea) in sy hande is ook lid van die familie. En oor haar kan hy baie stories vertel.
"sy was die edelikste brak op aarde"
In die tegniese wereld het hy baie -
"Hijos de Crianza". - "pupilos de Lavon". Ernstige
Outjies wat vooruit gaan in die tegniese bedryf almal mondstukke van, "las
Leyes de Lavon" Die eerste wet - "Solamente con Imaginacion y Astucia llegas a tus metas." Veronderstel in Afr - "net ‘n uitgeslape verbeelding beryk sy doelwit". Spaans is
‘n lekker taal om dinge reg te sé. Agt maniere van reen.
Ons word Ticos genoem, deur al die buur nasies. Omdat ons altyd in die klein vorm praat – net soos afrikaans
voetjies en handjies onder die kombersie, sluit jou oogies slaap lekkerkies met die mooiste droompies.........

Die huis se grond vloer is sy werksplaas, Tweede
vloer is vir woonplek en daaglikse bedrywigheid, en kombuis vir almal. Jy bedien jouself en was jou dinge en maak skoon. Die derde vloer
is soos ‘n kweek huis, en die hele Costa Rica is vol Jakaranda bome. Na hy uit die woud gekom het neem hy toe die woud
huistoe. Want sien die onderwoud het die pragtigste plante. Stadige groeiers, soms neem dit ‘n jaar om
net een blaar oop te vou. Die ding is, hulle groei met baie min lig en is ideaal vir binne in die huis ooral rond "soos
ou vriende."
Hy het Potplante wat al dertig jaar saam met
hom woon, en elkeen het ‘n lewens geskiedenis, asof hulle mense is. En die mossies kom nesmaak in die huis en
word vreeslik mak. Die mossies hier is parmantige outjies met kuifkoppies en daar is nie een
vlieg of insek in die huis nie. Hy het self die huis gebou, met ‘n glas dak. - en niemand het nog ooit ‘n klip durf gooi
nie. Of beter gese, as jy in ‘n huis bly met ‘n glas dak mag jy nie vyande hé nie. Die huis het vier
beglasde lig/lug skagte wat met al die vloere verbind. Tot die verbaasing van almal, as die Wit vlerk wilde
bosduiwe, en die klein tortelduifies, duer ‘n klein gaatjie in die glas dak afkom, om in die eet kamer te kom eet, hulle
eetplek is beglas, en hulle eet rys, graan en grass saad. En hy pronk oor die duiwe en sé Dit is die mooiste ding
op aarde om te sien en hoor hoe fluit hulle vlerke as hulle reguit op vlieg, en "hulle bring nuus uit die woud",
en as iemand vra waarom die geld mors, antwoord hy."As mens aan die Lewe gee, ontvang jy baie seeninge
op jou arbeit as vergoeding."
Trug na die begin van hd blaai
Hier onder volg die Skrywe van Myleen.
 |
| . |

|
| Lamie toe ek haar laas gesien het |
Haai my liewe ou Lammetjie – Dit
het my baie hartseer gemaak – Harde woorde uit my moeder land, Weerklink de gees van ons Afrikaanse taal. My eerlike en Beste Raad – “Hol Weg” Julle is welkom hier. Ek gaan
hd woorde op my werf blaai plaas, Jy weet mos ek stoot vir tegniese personeel. Die instelling van die Heilige eed vir al die Tegniese profesionales.
As jou land van geboorte skielik onleefbaar word, moet jy hom verlaat en soek na 'n plek waar die son lekkerder skyn
oor almal gelyk.
Oom Von - Die land is in 'n gemors. Moorde vind orals plaas.
Kinders word wreed verkrag. Mense verloor hul werke, huise, huwelike, lewens, self respek, waardes, morele, harte en verstand..
Jou lewe is 'n gemors. Jy soek, jy klop, jy roep.. Jy huil, jy lag, jy raak kwaad.. Jy voel leeg. Jy voel verlore. Jy soek
jou voetspore, maar vind verdwaalde paaie. Satan staan en lag. Dis verby. Sluk daai pil, trek die sneller, gee daai tree oor
die rand... Vrees is aan die orde van die dag. Vrees bepaal jou kom en jou gaan. Vrees vir jou lewe, vrees vir jou medemens,
vrees vir jouself, vrees vir jou gedagtes, vrees vir jou omstandighede, vrees vir more, vrees vir die herinnering van gister,
vrees vir die omstandighede van vandag.
VREES... Maar vandag wil ek vir jou se, die spel is nie oor nie!! Die
Koning het nog 'n skuif oor!!!!!!!
Jare gelede, in die beroemde Louvre Museum in Parys was daar 'n skildery met die titel skaakmat". Dit
het die Satan uitgebeeld wat smalend oor sy skaak-opponent uittroon, omdat hy sy opponent se siel gewen het. Die opponent
word uitgebeeld as 'n jong man, sy kop gebuig in vernedering - hy's verslaan en verslae. Sy gesig is vertrek van pyn - en
die Satan lag oorwinnend. Daar's 'n paar stukkies oor op die skaakbord en die woord "Skaakmat" staan oor die skildery
geskryf. 'n Ouerige man stap eendag deur die Louvre en stop by die sataniese skaakspel. Doodstil staan hy vir lank die
prent net en bekyk. Toe hy skielik lewe kry en begin uitroep: "dit is 'n leuen, dit is 'n leuen!"
Ander
mense in die gallery het kom kyk wat aangaan. Wat is die leuen vra hulle terwyl hy aangaan om dit uit te roep. Die Kurator
van die museum daag op. "Meneer is hier 'n probleem, kan ek help?" Die man kyk die kurator in die oe en se: "Ek
is die Franse skaakkampioen - ek se vir jou dit is 'n leuen!". Die kurator was nog steeds verward - wat is 'n leuen?
Die man wys na die skaakbord en sê: "die skilder sal die skildery moet verander, of hy sal die
titel moet verander. Kyk, die spel is nie oor nie, dit is 'n leuen, dit is nie skaakmat nie, die koning het nog 'n skuif!"
- 'n Klein seuntjie met 2 vissies en 5 brode en duisende
mense. Dit lyk soos skaakmat, maar dit is 'n leuen, want die koning het nog 'n skuif, en hulle tel 12 mandjies kos na die
tyd op. - 'n Man met die naam Daniël
word gegooi in 'n kuil vol honger leeus. Dit lyk soos skaakmat, maar dit is 'n leuen, want die koning het nog 'n skuif oor!
- Jesus kom by die graf van Lasarus. Hy's
al drie dae dood. Die graf ruik sleg. Dit lyk soos skaakmat, maar dit is 'n leuen want die koning het nog 'n skuif oor!
- Die vrou by die put, moet deur mans met klippe
doodgegooi word. Dit lyk soos skaakmat, maar dit is 'n leuen want die koning het nog 'n skuif oor. "Gaan en moenie langer
sondig nie!" - Die moordenaars saam met
Jesus aan die kruis. Dit lyk soos skaakmat, maar dit is 'n leuen, want die koning het nog 'n skuif oor, vandag sal jy saam
met my in die paradys wees.
- Op Goeie Vrydag word die Lam geslag.
Die mense skreeu veroordelend - Kruisig Hom, kruisig Hom. Hulle spot Hom en slaan Hom. Hulle spoeg hom en kap Hom met spykers
vas aan 'n kruis. Jesus skreeu met 'n hortende asemteug en gebarste lippe dit uit: Eloi, Eloi lama sabagtani - my God, my
God waarom het U my verlaat". Let op asb "sy laaste Woorde was 'n Boodskap aan die mensdom. Die Lewende God is die enigste werklikheid Lewe is God - dis al wat mens het..
Eenkant staan mense
en sê: "Ja ander kon hy red, maar Homself kan hy nie red nie". Dit is verby, skaakmat, gaan maar huis toe
Satan leun smalend oor die skouer van die mens, alles is verby, maar dan kom opstanding Sondag en ek en jy weet. Dit lyk soos
skaakmat, maar dit is 'n leuen, want die koning het nog 'n skuif oor!
| Pretoria die Jakaranda Stad |

|
| Pretoria die Jakaranda Stad in die 60's |
| blou van onse hemel |

|
| Berge teen die blou van onse hemel |

|
| Kosmos blomme so ver mens sien en die klipkoppie |

|
| En as die wind waai , maak die koring golwe soos die see |

|
| Uitnodiging om beeldhouer te speel |


|
| Goud smeltery |
Enter content here

|
| Die Kaapse wynboorde en Berge met herfs kluere |
| Africana sunset |

|
Enter content here
| Mother and Child |

|



 |