our cosmos is life's creation

Nicolaas von Wielligh. 1931

Julle Troudag
Ana en Nicolaas 5  von Wielligh

Anna von Wielligh
Haai ou Antjie, Jy lyk nog pragtig met 75 - Ek wet dis vir hom -  Hy is hier langs my ons kyk saam na jou foto.
Antjie von Wielligh met Riaan en sy oupa se glimlaggie.

 Gebore: 25 Maart 1931            Sterf: 28 Junie 1978 agv hartstaaking.
Hierdie foto op 3 April 1954
Getroud met Anna von Wielligh met die nooiensvan - van der Weshuizen (17 Februarie 1931) - In 'n Maand verjaar sy 80 - Antjie my beste wense - dit is my hoop ons gesels hier op Internet - ek hoop om die blaai te voltooi voor dan - As 'n Verjaarsdag geskenk. Sodat  jou klein kinders weet van hulle wortels. Eintlik is dit jou storie want jy is die oorlewende en trotse madriarg met 'n pragtige groot familie. (ek verbeel my jy het gese 26 )Nota: Sy kan nog 'n naald ryg want  se sydie volgend "Ek is nou net klaar met Adele se broeke wat ek moes groter maak, sy is mos pregnant met my 2de agter-kleinkind. Sy sit nou uit soos ‘n ballon, moet net nie dat sy dit hoor nie. Dit is ‘n dogter en haar naam is Elmie. Dan het ek twee dogtertjies.
Haai ou Antjie en ek hoor jou sé - "Hy moet die skinder nuus uitblaker. Shitstirrer soos gewoonlik." Vandag se datum 20110121

Nicolaas von Wielligh [1833 - 1907]
Nicolaas 1833 von Wielligh
Nicolaas [1833* - 1907] Martha Maria Retief

(Kliek op die Prente om in groot te sien.) 
Hier langsaan is kiekies van die oorspronklike skilderye
Nicolaas von Wielligh
[1833* - 1907]

Sy vrou se naam Martha Maria Retief

Nicolaas 1780 het een seun by Bettie Theunissen gehad, Nicolaas (1833 – 1907). Hy is met Martha Maria Retief getroud, dogter van Gideon Retief (was ’n broer was van Piet Retief).  Hulle het 5 seuns gehad: Nicolaas 1853 (ons Oupagrootjie), Gideon Retief of GR (1859), Philippus Albertus (Flip) (1863), Marthinus,  Piet Retief (Piet).

Nicolaas von Wielligh 1853 Naam? Wentzel

Omtrent in die jaar 1885

Nicolaas  1853 was weliswaar die eerste Nicolaas von Wielligh in die Transvaal maar dit sou nie reg wees om hom Nicolaas 1 te noem nie. Dié eer kom Nikolaus toe wat in 1705 by die Kaap aangekom het. Ná hom was daar ’n hele klomp Nicolase

Nicolaas 1853 het op ouderdom 30 van die Kaap na Transvaal toe getrek, 'n Voortrekker omstreeks 1883, en op die plasie Driefontein naby Boksburg gaan woon. Een van sy bure was Wentzel en hy is waarskynlik met dié se dogter getroud wat verklaar waarvandaan die name Christiaan Lodewicus Wentzel in die familie ingekom het. As ’n mens kyk na Nicolaas 1853 se dogters met name Maria, Elizabeth Jacoba en Martha Maria, dan het hulle Ma (Wentzel) waarskynlik een van dié name gehad.

Kliek hier vir 'n Skakel met oupa Klasie se Storie

Nicolaas von Wielligh 1876
Klasie Bettie von Wielligh

As ons ou Nikolaus wat in 1705 in die Kaap aangekom het neem as die eerste geslag, dan is Boetie, jy en ek die negende geslag in Suid-Afrika. Ek sou liewer die geboortedatum gebruik, byvoorbeeld Nicolaas 1876 vir ons Oupa
.
.
.
.

Nicolaas von Wielligh
Oupa en kleinsuen

Vonnie en sy Boetie Nicolaas 5.

My ouer broerjie was gebore op die transvaalse hoëveld, op die plaas Goedehoop, naby 'n dorpie met die naam van Bethal, en in daai jare was daar absoluut geen bome in die omgewing nie - behalwe wat ons oupa Klaasie geplant het.
.
Hier onder my niggies soos hulle vandag lyk

Ma  en  dogters, ongeveer die jaar 2008

Onmoet die Skoonouers
Antjie se eerste besoek om skoon ouers te inmoet

Boetie en sy Ma Anna Stander

Boetie se Kleinjare.
Wat ek onthou van die plaasjare. Ek wil aanmeld vir die jong geslag - in daai jare was daar nog nie gekluerde fotos nie.
Eers moet ek noem hy was oupa Klaasie se oudste van die vyf kleinseuns verder af - foto.
As persoon, 'n vreeslike terggees – was hy baie gewild by sy “Pals en drinkmaats” Hy was maar altyd die baarman, en soos al die baarmanne weet om te gesels en soms luister as vertroueling. Soms lugmag “pals” plaastoe gebring. Ek onthou van Pep en Tony ......... Was nes ouma Bettie goed om mense byname te gee om te terg.

En hy vertel stories vir Pa en Oupa, en ek hang aan sy lippe en hy verduidelik die dinge so pragtig en gebruik sy hande, En die mashine wat hy met sy hande exploreer – en hy vertel my hoe hulle werk, en ek kon komplete insig kry, duidelik soos ‘n beeld. Soos die keer toe hy verduidelik hoe werk ‘n Cluth. En hoe werk die straalmotor van die Saber vliegtuie. Later jare het ek ‘n egte straalmotor model gebou (net 475mm lank)., wat vandag nog in my besit bly. Iemand het dit laat val,  ek wou dit altyd nog herbou maar nooit tyd gevind of belang verskyf,  want ek bou groter meer belangrikke ding vandag. Nou is hy as Erfstuk. Nicoline wie in die fam is Nicolaas.???

Ons werkspan op die plaas - maak mielie planter reg

"Fittle-met-die-Piper"

 Hy was ‘n kunstenaar met die draaibank.Werk met lustigheid en smaak – Puleer dinge tot perfeksie. Hoe nader aan ‘n spiel – hoe moeiliker word dit om dit te sien, en finaal lyk hy swart. Hy was ‘n kunstenaar met die draaibank. My geleer om te meet met ‘n mikrometer en werk met die skuifpasser. As gevolg van hierdie invloed het ek ook vandag ‘n werkplaas, en soms verlang ek vreeslik na hom en ek wens hy kon my werkplaas sien, En ons kan saamwerk soos in oupa se tyd, met die vuur en yster dat die vonke so spat – en Vonnie was vir ewig aan die blaasbalk slinger vas gepen. Wens hy kon die jet engine sien werk wat ek vir hom gebou het, of hy kon vandag “my Sculptures sien” wat ons maak met Geprogrammerde draaibanke, en sy oë sien skrik as hy uitvind wat dit kos, om te “show off en brag”, was sy woorde. Hy was vreeslik openhartig met sy emosies – Mens kon hom lees soos ‘n boek, ´n eerlike opregte ou wat nooit kon lieg, om hd rede het Pa altyd gesé “Jy sal jou lewe lank vir ‘n baas moet werk, want jy gee alles weg”

Saberjet.

Voor die Lugmag skool

Soms baie ongeduldig as hy moet wag. En as ons hom druk en aanjaag begin hy bewerig word en kan nie die skroefie en die gaaitjie bymekaar uitbring nie, en ons hou aan spot tot hy opgee... Ek sien soms hoe hy sy hande vryf van lekker kry. ‘n vreeslike aansteeklike lekker kry. Soms rol hy van die lag as hy my met ‘n trap vang. Dit alles het my natuurlik meer boos gemaak. Hy het ‘n vreeslike klein hartjie gehad en baie keer het ons saam gehuil - ´n hart van goud – met my nooit onderduims of haat draend nie – Ons het altyd so lekker gespeel – ek was die vliegtuig en hy balanseer my op sy voete en ek staan en ons maak die akrobaat na wat ons een keer in Boswell se Sirkus gesien het. En as ek val is dit heerlik en ek sink in ouma se vere matras dat die stof so opstaan. Vandag weet ek daai verestof het my siek gemaak.

Eerste Trekker wat ons sien in daai jare
eerste-Trekker in daai jare
Boetie en sy pa Wikus von Wielligh - julle oupa - ongeveer 1938

Pa en ek het gedeel wat ons sien as hy so met die trekker werk.– As hy gelukkig is – sit hy regop en glimlag en soms fluit hy Sarie Maré oor en oor van lekkerkry. , – as iets verkeerd gaan val hy inmekaar verpletterd. Soms vergeetagtig – hy vergeet om na die brandstof te let en die trekker gaan staan, dan was dit ‘n klomp trieks om hom weer aan die gang te kry. – dan blits pa hom met die spieëltjie in die land, dat hy moet inkom en herful. Of “kom eet en rus so bietjie”. Hy het pyp gerook en deel sy tabak met oupa – en die Hollandse Twak ruik tog te lekker, so lekker mens kry lus om dit te eet  – en ek steel altyd ‘n knypie om te proe hoe dit smaak.

.

.

Van sy interaksie met “Die ander Vrou”  skoonma Sannie sal ek miskien later op aandringing invoeg. Want dit is nie ’n mooi storie nie.

Oupa Klaasie se Vyf  kleinseuns
Boetie, Niekie, Vonnie, Hennie, Gideon.

Die John Deere op 'n koue winter oggend

Wat Nicolaas 1936 (Ouklaas, Niekie). onthou van Goedehoop

Ek het dit altyd baie geniet om plaas toe te gaan. Aan die begin was ek en Boetie groot maats en jy het soos ’n stertjie agter ons aangedrentel, jy was nog klein. Eenkeer het jy ’n groot lawaai opgeskop waaroor ek en Boetie raas gekry het. Hy het vir ons sulke Zorro-maskers gemaak en dit swart gekleur (ons het dit goggles genoem).  Jy het luidkeels geskreeu jy wou ook “potte-se-gat gommels” hê. Ons het later begryp dit was “ swart goggles” waarna jy verwys.

Toe Boetie later ouer geword het, het ek en jy maats geword en Hennie was die stertjie wat ons probeer afskud het.

Ek kan goed onthou hoe ons in die waenhuis die trekker rondgestoot het deur sy “ flywheel”  te draai   (Ons loop op die pulie – en ons het die trekker voorentoe en agtertoe tot hy omdraai en anderkant toe kyk)

 

Wat ek van julle Ouma Anna Stander ????? onthou.Ouklaas.- “Soos ek dit verstaan het, het my ouers (Quartus en Marie.) na hulle huwelik in 1930 op die plaas gaan woon om te help met die boerdery. Jou Pa was nog op hoërskool. Hy en Boetie se Ma was saam op skool en sy het begin om Boetie te verwag. Destyds was dit nog ’n groot skande en hulle moes trou en teruggaan plaas toe” Ek dink haar naam was Anna Stander.????

Besoek aan Meisie Osewa

Nicoline en Janine, ek kan regtig nie julle ouma se Fam uitlé nie - Met tyd maak ons reg.  [Boetie se Ma was Anna Stander. Miskien was Anna Stander se Ma ’n van Rensburg?] Ek weet nie of Jan en Mot Stander - oupas was - of tante met haar man van Rensburg.
Erens weerklink “ die van Rensburgs” Een keer het sy ma Anna se ma se pa (Boetie se ander Oupa) op die plaas kom kuer En Boetie sit op sy oupa se skoot  en ek by my oupa so vind ek uit mens het twee oupas en oumas.– Ek onthou sy borsel kop steek hare en erens ‘n bossie wit hare. Net soos Boetie. Wat kort kort my aandig trek. Blink  wange soos Doempie en soder tande net soos ek vandag. Hy was ‘n “Storie verteler wat kom van suid wes”  En hy skatterlag so lekker en sy mond verander in ‘n groot swart gat sonder tande. As kind het dit my baie beindruk, en hy praat so snaaks, en ek verstaan niks en kyk net na sy mond. Vandag nou in my oudag luister ek ook soms nie, en kyk net na die oé en die mond, en sien wat jy sé...

 My ma, Bapsie is op Bethal begrawe, op hoër skool ek het wel haar graf besoek. Snaaks, iemand het altyd muntstukke op haar graf geplaas, en as ek Sondae vir haar ‘n blommetjie gaan los, steel ek die tiekies en sikspense (die kleinste SA geldstuk in daai jare – daar was ook pennies, halfpennies en oortjies!) Op Goedehoop was daar ook ‘n begraafplaas met 5 grafte – ons het dit die “Kaffergrafte” genoem omdat daar een Swarte begrawe was. Later jare het dit vergaan en net ‘n paar klippe merk die plek.

Antjie se Nooiensjare

Honeymoon op durban se strand.

Anna von Wielligh

Haai, wat ek van Antjie onthou. Ek was vreeslik jaloers op my broer met hd pragtige meisie, aan die begin, - tot ek uit gevind het hoe om dinge te vertolk. Sy het my speelmaat en vriend afgeneem. En hulle twee was vir ewig vryerig – en praat Engels en sê dinge soos “orrel chorrel” sodat ek niks verstaan nie - ek kon dit nie vat nie. En sy is altyd by hom en hulle doen alles saam, en sy werk as handlanger en was nie bang om haar hande vuil te maak nie. En Vonnie – Uit gestote, staan net ver langs en kyk..

Honeymoon in Durban

Later jare het ek nogal terug gedink in bewondering – wens ek kon ‘n meisie vind wat saam met my die dinge doen – altyd daar, en bystaan, dis nou ‘n regte maatjie. En nou moet ek verklaar - Die swerwers lewe is net moontlik as mens alleen is - soms gaan dinge te rof vir die vlinder dametjies wat ek bewonder het.

En toe skielik in ’85????  met my laaste besoek aan SA vind ek my op ‘n kruispad. Hier is my skoon sus alleen met die pragtigste 4 dogters en twee rooikop klein seunjies. Instap en oorneem bots, en voel nie reg nie. Help toe maar net so bietjie met die stoep se dak en die waterpomp. En ek sien Nicoline fix die kar en gaan skool toe met die kar sonder water want die gasket seel nie – “oom dis net twee miniete – ek kom daar en trug voor hy warm word – ek ry al twee maande so.”. So besef ek – hulle het niemand nodig nie. Boetie het hulle goed geleer om self te staan.

Ouma Bettie het altyd gesé “Broers en Susters moet mekaar bystaan – dit sé die Bybel”.

Dan voeg sy by – “en jy moet jou broer se weduwee se kinders oppas”. Geskiedenis vertel sy kon haar Skoondogter net nie verdra nie, en daar was ‘n geskiedenis van twis meesal omtrent ek en boetie wat ondervoed is en boepense het, dit is beslus wurm. “Hulle moet ontwurm word”. En elke saterdag was dit ontwurm dag, met Kasterolie of Alwyn en ons loop heeldag in die mielieland met die broeke oor die skouer en maak skoon met olieboom blare want mielieblare steek en sny mos

Gevolglik word Boetie en ek alleen groot. Ek was 14 maande oud

toe Bapsie dood is en ‘n Aia het my groot gemaak. Boetie is skool toe op Bethal en het by sy Tannie "Mot" gebly. Daar was ook sy niggie "Meisie" Stander en haar jonger broertjie Ossewa. (Baie later jare het ek besef hy was vertraag).

Sy oom Jan Stander was ‘n boilermaker en gevolglik doof. En hy praat met sy hande en lees oupa Klasie se lippe in gesprek. Dit het my ook vreeslik beindruk – ek dink dit is waar Boetie geleer het om met die hande te praat. En nou in my oudag bevind ek my ook half doof en vind ek dit nodig.

En ek hoor Ouma Sé – “hy hoor net nie  as dit hom beguns”. En nou het ek ook op 'n staking gegaan – en “af geskakel” – ek wil nie meer deur klokkies hoor nie, nog minder die telefoon - en nou Selfoon – haai en noutyds is dit ‘n komplete rekenaar en kan selfs op my blaai skryf soos nou.. Maar ek kan mense se lippe lees oorkant die straat. En die mooiste geraas op aarde as my kleinkinders se skaterlag soos  hulle so deur die huis storm. Oor Kersfees en nou in skool vakansie is my huis vol mense en ek voel volkome met trots in my hart, my Karma en geluk – en ek weet nou, in ou Anjie die Matriarg se huis, gebeur dieselfde want sy sé hulle is 25. En sy het agter agter kleinkinders, En hulle is Oosthuizens, Groblaars,             en Krugers - My Boetie se Famielie - ek moet omkyk en sien of dit goed gaan. Sodat ek met rus in my hart kan heen gaan daar was ‘n krappie asof ek iemand in die steek gelaat het. En so deur die jare het ek baie keer verlang om te weet wat van my Boetie se Fam geword het. En ek soek en soek op Internet en vind ‘n von wielligh baba deur Doempie in die lewe gebring. Skryf twee keer aan die ma om die naam van inrigting of nommer – vergeefs

Laas toe ek hd twee rooikoppies gesien het - Hulle het toe al die glimlag vertoon.
Sal dit nie lekker wees as een van hulle hier langs my sit en my al die mense se name vertel.

My boodskap  aan sy Familie

As mens nie op die WWW teenwoordig is nie, word mens uitgelaat     en vergete,    vir ewig.

”Doempie – die onderwerp van my blaai is “Die Lewe is die Enigste God” Jy is ‘n persoon wat jou lewe lank toe gewy het om Lewens in die wereld te bring. As jy moet raai - hoeveel lewes gehelp om lig te sien. Ek gaan aandring om woorde met jou te ruil.

So met die tyd laat my asb weet waar julle Blaaitjies hulle bevind op die WWW dan maak ek ‘n Skakel met jou foto. Soos bv Nicoleen – Klick op haar prent. Die geheim van die WWW is skakels- Hoe om die Skakels aanmekaar te sit. Ons wil graag hoor waarvoor jy staan en jou lewe toewy.

Tuens met Janine Oosthuizen
Janine von Wielligh - jy het hulle oé

Voorskrif - Ek onthou iets van hulle het Jannie 'n suen verwag toe word jy Janine of was dit Nico - Nicoline. 
.
Herhinderinge aan my pa Nicolaas von Wielligh. (1931)
(Janine Oosthuizen – oudste van vier dogters)
Ek onthou my pa as ‘n saggeaarde hardwerkende mens. Nooit het ek hom hoor skree nie. My eerste gewaarwording van hom is toe ons in KOP langs die swembad gebly het. Pa en Ma Anna het my laat swemlesse neem en ek het “Vissie Sertifikate” gekry vir elke mylpaal wat ek behaal het. Pa het dikwels gestaan ek kyk en aanpor om van die hoë duikplank af te spring, wat ek ook gedoen het.

Later trek ons na ‘n huis naby die klubhuis waar Pa Vrydae aande die rolprente vir die KOP gemeenskap gewys het. Hy’t baie van masjiene geweet en kom alles regmaak. Ons het dan altyd “Hubbly Bubbly” koeldrank uit die kroeg gekry en ek onthou nog nog hoe dit geproe het.

Hendrik van der Weshuizen familie

Later verhuis ons Johannesburg toe en Pa werk saam met Oom Nic (Ma Anna se broer) met groot vragmotors wat grond verskuif. Hulle werk baie aan die groot trokke en dan is Pa swart van die gries en olie. So was dit ook die dag toe Dr Verwoerd aangeval is. Ek kom van ‘n musiekles af en kry vir Pa sit teen die muur met sy vuiste so in sy oë gedruk met swart trane wat so teen sy elmboë afloop. Dit was vir hom ‘n baie hartseer dag. Ons gesin kon baie lekker met Ma Anna se broers en susters kuier. Dikwels word daar op die plaas in Rusterburg by Oupa Hendrik bees en vark geslag en dan word die vleis verwerk so met die familie saam daar in ons huis in Langerman Drive, Kensington. Pa hulle hang die wors op om droog te word in die spaar kamer en sluit die deur maar dan steel ons dit deur die venster, lekker!!

Vonnie-Fotos/Kalers-eet-Tef.jpg

Ons gaan kuier baie naweke in Bethal op die plaas, dit was vir ons kinders heerlike tye. Al die plaas reuke, Ouma San se lekker kos, die reuk van kuilvoer en die warm melk wat ons vir die kalfies kon voer. Pa werk altyd baie hard op die plaas, daar is altyd vir hom iets om te doen. Ek outhou die tyd toe nuwe melk masjiene ingesit is.Ons kinders lag want Oupa sê Pa kan vir ons ‘n skaap slag maar hy moet hom self vang.

JanineTheuns Oosthuizen en Troue van hul jongste.

Pa koop die plot in Pomona en die huis is maar klein, maar Pa sweis en bou, eers die lekker groot stoep en later word ‘n sitkamer en nog ‘n groot stoep gebou. Pa en Ma plant vrugte bome, waatlemoene ek dink daar was dalk groete ook. So met die handvaardighede van Pa besluit hy om ‘n stook ketel te maak. Ek dink hulle sit toe pynappels in om te stook en daar kom die mampoer. Tannie Minnie en Oom Petrus was daar en toe met die brousel geproe word. Hulle proe toe en daar pass hulle toe amper almal uit van die hoë alcohol inhoud, Ons het jare daarna nog daaroor gelag en ek kan nie mooi onthou of daar toe weer gestook is nie.

Pa se politieke oortuigings was meer konserwatief as myne en ons kon nogal stry daaroor maar hy het my maar altyd net met so glimlag om sy mond  beluister.Toe ek begin rooi hakskene kry sê Pa die kêrels kan kom kuier maar ek gaan nie van die werf af nie (ek was 14jr oud). So kom daar ‘n man wat al uit die skool is wat wil kom kuier en neul ek moet saam uitgaan, Pa sê nee!! Sy ma kom neul Pa moet my laat saamgaan Pta toe want die man moet army toe maar Pa sê nee!! Ek het diep gesprekke met Pa want kan hy dan verstaan van die liefde nie! Maande later word die man gearresteer vir besit van dwlems. Dankie Pa!!

Boetie met die Vaaljapie op die plot.
Een van die eerste kluer fotos in daai jare

Pa het baie dikwels vir ons gesê dat hy sy hande sal stompies werk maar ons moet almal geleerdheid kry en hard werk. Ek glo hy sou trots gewees het op ons.In my eerste jaar van verpleegopleiding ontmoet ek my man van 35jr , Theuns,en Pa hou dadelik van hom. Na sowat 3jr van getroude lewe is die eerste kleinkind oppad en daar is groot opwinding.

Onverwags en nog bloedjonk sterf  my saggeaarde, hardwerkende pa aan ‘n hartaanval en ek mis hom nog steeds. My kinders mis ‘n wonderlike, sagte Oupa wat kaskarre en popwaentjies sou bou en hulle sou leer van karre se binnegoed en ploeg met die vaaljapie.

Nicoline

Fanie-Nicolene-Grobbellaar-met-Anje-Mareli

Enter content here

Enter content here
.
..
.
.

Dumpie von Wielligh

Enter content here

Enter supporting content here

Click on the buttons below for other pages

Looking in to the small

Magical ideas for future dreams

the energetics of life

ethics in harmony

Dream again extreme

 .

.

 .

Aura de vida cosmica

The worlds of the micro y macro cosm

My view of space 25jrs ago

Smell the aroma of life

Dreams for a perfect world